web analytics
Indien u 'n lid is van NG Gemeente Soutpansberg en 'n besigheid bestuur of besit KLIK HIER om op hierdie blad te adverteer

Behulpsaam

Daar bestaan groot nood in ons gemeenskap, ons gee graag met ‘n blye hart.

Indien u van hulp kan wees in enige van die volgende, sal dit opreg waardeer word. Koester hierdie mense in u daaglikse gebede asseblief.

Ons Gemeente se plaaslike Hulp
Daar word deurlopend kruideniersware benodig vir ons eie Gemeente se hulp-projek aan minder bevoorregtes, hierdie diens word deur ons Diakens hanteer. Enige donasies in watter vorm ookal kan by die Kerksaal ingehading word, u ondersteuning maak ‘n reuse verskil in hierdie mense se lewens. U ondersteuning word opreg waardeer.

Sopwaentjie
Die Sopwaentjie vertrek elke Woensdagaand om 18h00 vanaf die Kerksaal om Sop/Melk met brood aan haweloses te neem, indien u van hulp kan wees, kontak asseblief vir Oom Ben Harris via die “link” asseblief.

Berg “Care”
Die Gemeente is betrokke by die  Berg “Care” projek waartydens ons die herwinningsprojek van stapel gestuur het vir fondsinsameling, ons vra dat u dit sal ondersteun. Daar is houers vir plastiek, glas, papier en karton by die Saal onder die afdak.
Ons gemeente voorsien toiletware aan die Berg “Care” projek, ander gemeentes in die gemeenskap dra by tot die ander noodsaaklike benodigdhede. Daar word twee weekliks aan die behoeftige gesinne pakkies voorsien. Indien u behulpsaam wil wees met die voorbereiding van die kospakkies kan u gerus met Anton van Zyl skakel via die; kontak die kerkkantoor “link”. Dit word twee weekliks op ‘n Woensdag voorberei by die NG Kerk Moedergemeente.

Weet u moontlik van iemand wat hulp benodig met kruideniersware? Kontak asseblief die kantoor via die “link” by Kontak ons.

Spasie vir hierdie webwerf word goedgunstelik voorsien deur My Vriend Webdienste.