web analytics
Indien u 'n lid is van NG Gemeente Soutpansberg en 'n besigheid bestuur of besit KLIK HIER om op hierdie blad te adverteer

Geskiedenis

NG Kerk Soutpansberg

Die Kerkgebou
Die Kerkgebou is amptelik op 11 September 1954 ingewy, die resultaat van God se opdrag en vele gemeentelede wat geluister het, het verseker dat ons vandag ‘n Kerkgebou het waaroor ons almal trots en bevoorreg kan voel om van deel te hê. Stuur asseblief staaltjies uit daardie tyd om met almal te deel.

Toeka

Nou

Die Kerksaal
Die Soutpansberg gemeente het ‘n geruime tyd voor die inwyding van die huidige Kerkgebou, dienste in die huidige Kerksaal gehad, die het wel ‘n paar ander name gehad; Die Plankekerk, die Houtkerkie of beter bekend as ons huidige Kerksaal, die saal het deur ‘n paar opknappings gegaan om dit te omskep in wat dit vandag is. Staaltjies van die sinkdak sonder plafonne en hoe die dak natgemaak moes word tydens dienste om die gemeentelede teen die hitte te beskerm, bevestig die deernis van die gemeentelede van daardie tyd.

Toeka

Nou

 

Kom ons bou almal saam aan hierdie ryke geskiedenis van die Kerk, stuur asseblief u foto’s en inligting aan die “web master” en ons plaas dit op hierdie bladsy, ‘n spanpoging sal soveel karakter gee aan die ryke en Geseënde Geskiedenis van die Kerk en die gemeente.

 

 

 

 

Spasie vir hierdie webwerf word goedgunstelik voorsien deur My Vriend Webdienste.