Diakonie se jaarlikse Spitbraai 27 Okt 18

Die jaarlikse Spitbraai was weereens ‘n wenner met watertand lekker skaap vanaf die spit, en bykosse wat die smaaksintuie geprikkel het, jammer as u dit nie kon bywoon nie – u het uitgemis hoor, ons maak egter volgende jaar weer so! Ons het lekker gekuier en almal het dit verskriklik geniet. Innige dank en waardering aan al die Diakens wat die aand moontlik gemaak het, dankie aan almal wat gehelp het, doen gerus weer so.