Indien u ENIGE nuusgebeure het wat u graag met ons wil deel stuur dit asseblief deur aan Nico Lotter, deur gebruik te maak van HIERDIE VORM. Nico sal u kontak indien verdere besonderhede benodig word.
Jannie du Toit – 12 Julie 2019
Baie dankie aan die Vroue-aksie wat die aand moontlik gemaak het. Jannie du Toit saam met Susan Mouton het ons getrakteer met musiek en sang uit die boonste rakke. Daar was ‘n uitstekende opkoms van gemeentelede asook baie besoekers – dankie aan ‘n ieder en elkeen wat so gewoeker het met die kaartjieverkope.
Dankie aan almal wat die aand moontlik gemaak het met ‘n ongelooflike visuele aanslag wat die atmosfeer tasbaar gemaak het. Die eet en drinkgoed was soos gewoonlik uit die boonste rakke. Dankie dames!!
Basaar 1 Jun 2019
Ons jaarlikse basaar het op 1 Junie 19 weer plaasgevind, dit was ‘n doolhof van bedrywighede en ‘n ieder en elkeen het dit baie geniet. Ons het lekker geëet, gedrink, gekuier, gespeel en net die dag geniet. Dankie aan al die besoekers wat die dag saam met ons deurgebring het. Dit was voorwaar ‘n atmosfeer om oor te vertel. Baie dankie aan almal in die gemeente wat verseker het dat dit ‘n reause sukses was. Dankie almal.
Hou asseblief die blad dop vir foto’s wat binnekort sal volg.